Administrasie Teken Aan
Wie is "Saam Vir Jesus"?

Visie

Die visie van SAAM VIR JESUS is om ons volk oor kerk grense heen op te roep om tot God terug te keer.
Om dit te kan verwesenlik moet ons begin by die huwelik wat die basis vorm van gesinne.

Gesonde huwelik, beteken gesonde gesinne wat beteken n gesonde samelewing.

Die huwelik wat n bloedverbond is tussen man en vrou dien as model van ons verouding met Jesus Christus.
Ons wil pare binne die huwelik gees, siel en liggaam aan mekaar verbind sien, wie se leuse is "ek en my huis, ons sal die Here dien.".
Sulke pare moet op hulle beurt weer gaan na hul gesinne, families en vriende met die boodskap van vergifnis en hoop.
Tot Hy kom!

Missie

Die missie van Saam Vir Jesus is om deur die hou van naweek kampe, klein groepe (7 pare) te bedien.
So n naweek bestaan uit aanbidding, sang, lesings, saamgesels, speletjies en een tot een bediening.
Hierdie kampe word aangebied ter voorbereiding, verryking of herstel van verhoudings tussen man en vrou, verloof of getroud.

Ontstaan

Die stigterslede van Saam Vir Jesus het 'n dringendheid ervaar om 'n positiewe bydrae te lewer teen die afvallige toestand waarin ons samelewing hom tans bevind. Veral verbrokkelinde huwelike en gesinne het hulle diep geraak. Die enigste hoop is die liefde van Jesus Christus. Die stigters het die leiding van die Heilige Gees ervaar om veral betrokke te raak in huwelike. Om die liefde, vergifnis en hoop van Jesus aan paartjies te bring. Om hulle opnuut te laat besef dat hulle in 'n bloedverbond met mekaar staan. Die naam Saam vir Jesus wys na manne en vroue wat in die huwelik saam vir Jesus gevoeg is om Sy liefde ook in hulle gesinne en ander uit te leef. (Art 21 Maatskappy)

Lede

  • Alfonso Jonker
  • Gilda Jonker
  • Hannes Jonker
  • Vic de Kock
  • Annamarie de Kock
  • Piet van den Bergh
  • Petro van den Bergh

Trou Fotos


Blog Jou Gedagtes


Hulp Fonds